Page 167 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 167

 Groep persoonlike ongevalle
  Ongeskiktheid
  Persentasie van skadevergoeding
  2.5 vinger(s) en falanks(e):
falankse, per falanks
duim, per falanks
vier volledige vingers enige hand
  5% 15% 75%
  2.6 tone:
enige een toon (behalwe groottoon) alle tone enige voet
groottoon, per falanks
 5% 35% 5%
 3.
 Permanente ongeskiktheid wat nie hierin gespesifiseer is nie
  ʼn persentasie wat na die mening van die Maatskappy sover moontlik eweredig is met bostaande
   In die geval waar Vergoeding kragtens meer as een van die voordele, met verwysing na bogenoemde, as gevolg van enige enkele gebeurtenis, of enige enkele ongeluk aan enige een Versekerde Persoon betaalbaar is, sal die maksimum bedrag betaalbaar hieronder nie 100% (een honderd persent) in geheel van die Versekerde Bedrag vermeld in die Skedule, oorskry nie.
KLOUSULES EN UITBREIDINGS
Aanhouding
In die geval van aanhouding onder dwang van enige Versekerde Persoon, vir ander redes as:
1. 2.
3. 4.
betrokkenheid (of beweerde betrokkenheid) in enige politieke aktiwiteit teenoor die regtens of feitelike Regering van die land waar die aanhouding plaasvind;
versuim om in besit te wees van die vereiste visums, werkpermitte of verwante dokumente vereis deur sodanige land;
betrokkenheid (of enige bewering daarvan) by enige kriminele aktiwiteit;
skuld, bankrotskap, handelsinsolvensie, versuim om ʼn lening of sekuriteit te verskaf, of ander finansiële verlies;
die dekking in terme van hierdie Afdeling sal voortduur om van krag te wees vir die duur van sodanige gebeurtenis, of 12 (twaalf) maande vanaf die datum vanaf sodanige gebeurtenis, watter een die korter tydperk is.
Indien Tydelike Algehele Ongeskiktheid verseker is, sal die Maatskappy Aanhouding van die Versekerde Persoon beskou as ʼn eis vir Tydelike Algehele Ongeskiktheid.
Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW)
Nieteenstaande die feit dat versekerde bedrae, eerste verlies bedrae, skadeloosstellingsperke of versekerde waardes, of hoe dit ook al bekend is in hierdie Polis (voortaan “polisperke”), altyd op ʼn BTW uitgesluit-grondslag uitgedruk word, kom die Maatskappy ooreen om die Versekerde skadeloos te stel bo en behalwe sodanige polisperke vir enige BTW verpligting wat die Versekerde mag oploop wat voortspruit uit die skikking van enige eise hiervolgens ingestel.
Beweeglikheidskoste
In die geval waar die Maatskappy ʼn eis erken in terme van Permanente Ongeskiktheid en indien, as ʼn direkte gevolg van die ongeskiktheid, sodanige persoon permanent afhanklik is van ʼn rolstoel vir beweeglikheid, sal die Maatskappy bykomend tot enige voordeel betaalbaar ten opsigte van die Permanente Ongeskiktheid, ook vergoeding betaal vir:
1. ʼn selfaangedrewe rolstoel;
2. die aanbring van rolstoel laaitoerusting en om veranderinge aan die Versekerde Persoon se woning te maak vir die gebruik van sodanige rolstoel;
3. die verandering van kontroles aan die Versekerde persoon se motorvoertuig, insluitende rolstoel laaitoerusting indien nodig;
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 165
































































   165   166   167   168   169