Page 111 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 111
VREEMDE LAND
Gister in Gröningen
vra ek waar jou hartsplekke is? Antwoord ek my eie vraag —
my as moet
indien moontlik,
in die Drakensberge gestrooi word.
Vanoggend steeds ver van haard ontvang ek nuus: ‘n jong voetslaner-ma het laas Sondag langs Gray’s Pass gegly, in ‘n diep kloof afgestort
en verdwyn. Besef ek nou my wens
is ligsinnig en luuks.