Page 20 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 20
en stoot die kombuisdeur oop... in ‘n stoomwolk spaghetti verwelkom die land-vrou my (op die maat van Vivaldi
en ‘n lewendige debat) in Columbia-universiteit se geleerde hart.
III
Een van daardie reis-oomblikke wanneer jy losgesny, verlore voel en elke geen in jou lyf
verlang om verplaas te word – huis toe, oombliklik.
Ek het die straat oorgesteek
vir beskerming teen die noorderlandse ysreën en koue –
die eerste trappe geklim wat ek kon vind, in ‘n gallery in.
Die fooi betaal, links gedraai
sonder enige belang in die eerste uitstalling wat dit ook al mog wees.
Maar daar staan sy toe