Page 12 - 20 Cotton SA December 2019
P. 12

/ OP DIE BOL



           KOOT GROET NA 21 JAAR DIENS

                                BY KATOEN SA

         Dis moeilik om vir mense wat só ’n lang pad met jou gestap het, totsiens te sê. Jy neem alte maklik
         aan dat hulle maar altyd deel van jou daaglikse bestaan sal wees. Dan verander alles en die
         toekoms lyk skielik anders. Koot Louw het vir bykans 21 jaar by Katoen SA gewerk voordat hy
         einde September 2019 amptelik afgetree het. Nadat hy sy studies voltooi het, het hy in 1972
         by die voormalige Koringraad as ouditinspekteur begin werk.
         Tydens sy dienstydperk van 25 jaar het hy gevorder tot hoof
         van die Ekonomiese Dienste-afdeling. Met die ontbinding van
         die bemarkingsrade het hy in 1998 by Katoen SA aangesluit
         en was daar werksaam tot sy aftrede. Ons ken hom as ’n baie
         beskeie maar kleurryke persoon met interessante stokperdjies. Hy
         is ’n versamelaar van ou gedenkwaardighede wat ’n mens met
         nostalgie aan jou kinderdae laat terugdink. Koot is nie ’n man
         van vele woorde nie, maar het hom laat geld met die bekwame
         en nougesette wyse waarop hy sy verantwoordelikhede uitgevoer
         het. Hy het vele talente en sal beslis in Katoen SA gemis word.
         Om te groet is moeilik. Gelukkig is dit nie vaarwel nie. Ons almal
         by Katoen SA wens vir Koot net die beste toe met hierdie nuwe
         hoofstuk in sy lewe. Mag hy uitstekende lewensgehalte ervaar en
         geseënd wees met goeie gesondheid.



         Huidige katoenvariëteite bied steeds beskerming teen bolwurms!

































          12  |  Katoen SA \\ Cotton SA
   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17