Page 4 - 03 Cotton SA February 2014
P. 4

Nuus - News

                            In Memorium: Martie Botha




                       S S
                       Sy was baie bekend en bemind onder kleinboere en haar skielike heengaan laat ‘n groot leemte in die y was baie bekend en bemind onder kleinboere en haar skielike heengaan laat ‘n groot leemte in die y was baie bekend en bemind onder kleinboere en haar skielike heengaan laat ‘n groot leemte in die
                                                    geledere van die katoenbedryf.
         D      r.  Martie  Botha,  kollega  en  Koördineerder  van  Katoen SA se

                Vaardigheidsontwikkeling Program vir klein katoenboere, is op 21
                Januarie 2014 in die ouderdom van 67 oorlede.
                Martie het in 1964 aan die  Voortrekker Hoërskool in Bethlehem
          gematrikuleer en in 1967 haar B.Sc. graad behaal met entomologie en
          dierkunde as hoofvakke. In die 1980’s het sy verder studeer en in 1989 behaal
          sy haar Doktorsgraad in die nematologie navorsingsveld. Vanaf 1988 tot 2004
          was sy ‘n senior navorser by die LNR se Instituut vir Industriële Gewasse waar
          sy haar veral onderskei het as ‘n spesialiskenner wat betref die beheer van
          aalwurms in katoen.
          Sedert 2006 tot haar afsterwe was sy in beheer van Katoen SA se
          opleidingsprogram vir opkomende katoenboere, Sy was ook verantwoordelik
          vir die ontwikkeling en voorbereiding van die toepaslike eenheidstandaarde
          en opleidingsmateriaal wat in die Katoen Vaardigheidsontwikkeling Program
          gebruik is. Sy was baie bekend en bemind onder kleinboere en haar skielike
          heengaan laat ‘n groot leemte in die geledere van die katoenbedryf, veral wat
          betref die opleiding van opkomende boere, wat moeilik gevul sal word.
          Graag wil die Voorsitter, Raad en Personeel hiermee hul meegevoel met haar
          heengaan aan haar eggenoot Johan en familie betuig.


              Vir die eerste keer in die geskiedenis van Agri SA is ’n

                           swart boer tot Ondervoorsitter verkies


                                                                      ierdie is ’n gebeurtenis waarvan kennis geneem moet word. Hier
                                                                      word vandag geskiedenis gemaak.” Dit was die woorde van mnr.
                                                              “HHans van der Merwe, hoof uitvoerende beampte van Agri SA, nadat
                                                              die eerste swart boer tot Agri SA se hoofl eierskorps verkies is.
                                                              Mnr.  Phenias  Gumede,  Ondervoorsitter  van  Katoen  SA  sowel  as  Kwanalu,  is
                                                              op Vrydag 11 Oktober 2013 tot tweede Ondervoorsitter van Agri SA verkies.
                                                              Volgens mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, is veranderinge aan
                                                              die Grondwet van die organisasie goedgekeur, wat tot dié stap gelei het.
                                                              Dr. Theo de Jager, eerste O ndervoorsitter, het aan Phenias gesê: “Ek is baie trots
                                                              op jou en die impak wat jy al gemaak het.” Kwanalu het intussen luidens ’n
                                                              verklaring sy stem by De Jager s’n gevoeg en sê hy is baie trots en bevoorreg dat
                                                              een van sy leiers nou ook op Agri SA se leierskorps dien.
                                                              Die provinsiale affi  liasie van Agri SA verwelkom die kongres se eenparige besluit
                                                              om Gumede te verkies. “Phenias, wat ’n kommersiële boer is en verskeie landbou-
                                                              kwessies vanweë eerstehandse ervaring verstaan, sal rykdom in ervaring na die
                                                              nasionale span bring en ‘n waardevolle lid van die span wees.”


             Minimum wage for Farm Worker Sector with eff ect from 1 March 2014


                                       Minimum wages for employees in the Farm Worker Sector
                 Minimum rate for the Period       Minimum rate for the Period      Minimum rate for the Period
               1 March 2013 to 28 February 2014  1 March 2013 to 28 February 2014  1 March 2015 to 29 February 2016
           Monthly   Weekly    Daily   Hourly  Monthly  Weekly  Daily   Hourly  Monthly  Weekly      Hourly
           R2 274.82  R525.00  R105.00*  R11.66  R2 420.41  R558.60  R111.72*  R12.41  Previous year’s minimum wage + CPI** + 1.5%
          * For an employee who works 9 hours per day.
          **The Consumer Price Index (CPI) for quintile 1 utilized to determine minimum wage increases is 4,9% as published by Statistic South Africa on 11
          December 2013. The Sectoral Determination stipulates that the wage increase will be determined by utilizing the CPI for quintile 1 + 1.5%. Therefore
          in terms of percentage increase, the new minimum wages as from 1 March 2014 will be 6.4%.

                                      Katoen SA Cotton      4    Februarie • February 2014
   1   2   3   4   5   6   7   8   9