Page 6 - 03 Cotton SA February 2014
P. 6
Markverslag • Market Repor t
KATOEN MARKVERSLAG SOOS OP 3 FEBRUARIE 2014
Internasionaal Geraamde wêreldvraag en -aanbod vir katoen vir die
2012/13 seisoen en projeksies vir 2013/14 en 2014/15
Ten spyte van die rekord katoenvoorrade in die (seisoene beginnende 1 Augustus):
wêreld was die Cotlook A indeks (‘n aanwyser van
internasionale katoenpryse) vir Januarie 2014, 91
VSA c/lb wat ongeveer 4 VSA clb meer was as die
Desember 2013 gemiddeld. Dit is deels as gevolg
van China se katoen reserwe voorraad beleid wat die
afgelope paar jaar meeste van die oorskotvoorrade
van die wêreldmark verwyder het. Na verwagting sal
China teen die einde van die 2013/14 seisoen 58% van
die katoenvoorraad in die wêreld hou en sou China
besluit om van sy reserwevoorrade te begin ontslae New York JULIE katoen termynpryse soos aan die begin van
raak, kan daar verwag word dat katoenpryse sal daal. A-indeks & wêreld voorraad-tot-verbruik verhouding elke week:
Die International Cotton Advisory Committee (ICAC) (China uitgesluit):
projekteer op hierdie tydstip ‘n gemiddelde Cotlook A
indeks van tussen 82 – 101 VSA c/lb vir 2013/14, met ‘n
middelpunt van 90 VSA c/lb.
Die ICAC raam wêreld katoenproduksie vir 2013/14
op 25.7 miljoen ton, ‘n daling van 4% teenoor
die vorige seisoen. Produksie in die Noordelike
Halfrond wat vir 90% van wêreld katoenproduksie
verantwoordelik is, sal volgens die ICAC 7% minder
wees as vir die vorige seisoen. Die ICAC verwag
egter dat katoenproduksie in die Suidelike Halfrond
met 18% sal toeneem, hoofsaaklik in Brasilië en verwag word mits die wêreld ekonomie aanhou
Argentinië. groei. Wêreld ekonomiese groei is die faktor wat die
Die ICAC raam dat wêreld katoenverbruik vir grootste invloed op tekstiel en katoenverbruik het.
2013/14 met ongeveer 1% sal toeneem met ‘n Volgens die ICAC sal wêreld katoenhandel hierdie
verdere toename van ongeveer 4% wat vir 2014/15 seisoen 8.6 miljoen ton bereik, met China en Oos-
Asië wat onderskeidelik vir 37% en 27% van alle
katoenvesel invoere verantwoordelik sal wees. Ten
spyte van die kleiner oes, sal die VSA steeds die
wêreld se grootste katoenuitvoerder wees met
verwagte uitvoere van 2.3 miljoen ton in 2013/14,
gevolg deur Indië met 1.3 miljoen ton.
Wêreld eindvoorrade word deur die ICAC geraam
om 19.9 miljoen ton teen 31 Julie 2014 te bereik, ‘n
styging van 12% teenoor Julie 2013.
Plaaslike vooruitskouing New York katoen termynpryse soos op 3 Februarie 2014
(skikkingspryse):
Wat die plaaslike vooruitskouing betref, dui die 1e
skatting vir die 2013/14 produksie-jaar op ‘n totale
katoenoes van 46 956 bale vesel wat ‘n styging
van 54% oor die vorige seisoen verteenwoordig. Na
skatting sal 42 956 bale geproduseer word van
RSA geproduseerde katoen-pluksel, ‘n styging van
65% oor die vorige seisoen. Die balans van 4000
bale vesel het betrekking op verwagte Swaziland
geproduseerde katoen wat deur die Swaziland
pluismeule gepluis sal word.
Gemiddelde Cotlook A indeks en die ooreenstemmende Suid-Afrikaanse “prys”:
ENQUIRIES: MR H J BRUWER (CEO)
PO Box 912232, Silverton, Pretoria, 0127
Cotton SA Building, 90 Cycad Place,
Watermeyer Street, Val de Grace X10
Tel: 27 (12) 804 1462 - 7; Fax: 27 (12) 804 8616;
E-mail: enquiries@cottonsa.org.za
Web: www.cottonsa.org.za
Katoen SA Cotton 6 Februarie • February 2014