Page 5 - Afrikaans e-Book (Grade 1-4)
P. 5
Op ‘n klein dorpie met oulike mense
bly twee vriende, Lisa en Bennie. Lisa
en Bennie isbeste vriende en hulle
gaan oral saam.
Lisa is baie lief vir dans. Oral waar sy
gaan dans sy: in die winkel, in die
strate, in die kerk. Lisa het ‘n droom.
Sy gaan eendag op die maan dans
sodat almal haar kan sien. Almal sal
weet dat sy die beste danser is. Maar
dit maak nie saak hoe lief sy vir dans
is nie, almal op die dorpie spot haar.
“Wie dink sy is sy om op die maan te
dans! Nooit!” sê die dorpsmense.

