Page 9 - Afrikaans e-Book (Grade 1-4)
P. 9
Wanneer Lisa klaar gedans het loop sy en
Bennie na die rivier buite die dorp.
Bennie klim in sy bootjie en gooi sy
visstok in die water. Visvang is rustig.
Visvang is lekker. Bennie geniet dit om
vis te vang.
Terwyl Bennie in die bootjie sit, speel Lisa
in die water. Dit is ook amper dieselfde as
dans. As jy swem dryf jy en as jy dans
sweef jy. Bennie en Lisa hou nie altyd
van dieselfde dinge nie, maar hulle is nog
steeds baie goeie vriende. Soms wens
Lisa sy kon soos Bennie visvang. Soms
wens Bennie hy kon so goed soos Lisa
dans.

