Page 13 - Afrikaans e-Book (Grade 1-4)
P. 13
Dit is nou donker. Die maan en die sterre blink in
die lug. “Eendag…eendag,” fluister Lisa soos sy
na die maan kyk.
Op ‘n dag sê Lisa vir Bennie: “Vandag is die dag,
Bennie! Vandag is die dag wat ek maan toe dans.”
Lisa begin dans. Sy draai en draai en en draai.
Met elke draai sweef sy hoër en hoër in die lug.
“Amper daar, Lisa! Amper daar!” skree Bennie.
“Jy kan dit doen!”
Lisa draai vinniger en sweef nog hoër as ooit
tevore en uiteindelik vang sy ‘n wolk. Sy klim op
die wolk en skaterlag. Sy het dit gedoen! Sy soek
vir Bennie en sien hom daar onder langs die rivier.
“Baai Bennie!”. Bennie word kleiner hoe hoër die
wolk styg.
Lisa spring van die een wolk na die volgende.
Elke wolk ‘n bietjie hoër as die vorige een. So
begin Lisa se reis na die maan - van een wolk na
die volgende en dan van een ster na die ander.

