Page 17 - Afrikaans e-Book (Grade 1-4)
P. 17

Een dag sit Lisa op die maan en kyk rondom haar.

                Sy sien alles.  Sy sien die sterre en die planete.

                 Sy kan selfs haar oulike, klein dorpie en al sy

               mense sien.  Dit is so eensaam hier, dink sy.  Om

                  op die maan te dans was haar droom, maar

                hoekom voel sy nou so hartseer?  Lila dink aan

                 haar familie en aan haar maatjie, Bennie.  Sy

                verlang na hulle.  Dit voel nie meer goed om te

                                        dans nie.

               Lisa voel nou so hartseer en alleen.  Sy dans nie

              meer nie.  Sy sit net op die maan en dink aan haar

               vorige lewe daar onder.  Sy het gedink dat sy nie

                 meer sleg sal voel wanneer almal haar op die

              maan sien dans nie.  Hoekom voel sy so as almal


                      dan weet hoe wonderlik sy kan dans?
               Na ‘n tydjie besef Bennie dat Lisa nie meer dans


                nie.  Hy verstaan nie.  Dit was mos haar droom!

                Een aand lê Bennie in sy bootjie.  Hy kyk na die

                maan en sterre.  Hy soek vir Lisa, maar hy sien

               niemand nie.  “Wat is fout?” fluister hy.  Hoekom

                                dans sy nie meer nie?
   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22