Page 20 - Afrikaans e-Book (Grade 1-4)
P. 20

Lisa bars in trane uit.  Bennie is verstom.

             “Hoekom huil jy?  Is jy nie gelukkig om my te

                                  sien nie?”
              “Nee.  Ek is baie bly jy is hier,”  sê Lisa met

                groot snikke.  Sy gaan sit op die grond.

                      “Nou wat is fout?” vra Bennie.
           “Dit was my droom om op die maan te dans en

           om vir almal te wys hoe wonderlik ek is.  Ek het

           dit gedoen, maar ek is so hartseer.  Ek verlang
              huis toe.  Ek verlang na my mamma en my

           pappa en ek verlang na jou.  Dit is so eensaam

           hier op die maan!”  Lisa huil harder en die trane
                             vloei al hoe meer.

            Bennie kyk na haar.  Hy verstaan nie hoekom

             sy so tekere gaan nie.  Dis mos eenvouding.
                          “Kom dan terug,” sê hy.

            Lisa kyk hom vies aan.  Verstaan hierdie seun

                                dan niks nie?
          “Ek kan nie!  Dit was my droom om op die maan

                          te dans.” Sy kyk weg ..
          “Maar drome kan mos verander.  Jy hoef nie jou

               hele lewe net aan een droom te glo nie.”

              Lisa kyk vir Bennie.  “Jy hoef nie?”  Bennie
                       gaan sit langs haar en praat.

           “Wat is jou gunsteling ding om te doen?” vra hy.
   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24