Page 23 - Afrikaans e-Book (Grade 1-4)
P. 23
Hulle hardloop en soek na ‘n verskietende ster.
Bennie vang weer een met sy visstok. Lisa hou aan
Bennie vas en so vlieg hulle deur die hemelruim.
Hulle is reg om huis toe te gaan.
Lisa en Bennie is weer gelukkig. Hoe kosbaar is
vriende nie? Lisa dink aan hoe dankbaar sy is om ‘n
lojale vriend soos Bennie te hê en Bennie dink aan
hoe bly hy is om weer saam met sy beste vriendin te
wees.
Hulle val saggies op ‘n wolk. Die wolk sak stadig
nader aan die grond. Hulle was bly om terug te wees,
maar hulle was verbaas om te sien dat die hele dorp
nader gehardloop het om hulle verwelkom.
Lisa se ouers druk haar styf vas en vertel haar hoe
veel hulle haar gemis het. Lisa sê dat sy ook na hulle
verlang het en dat sy nooit weer vir hulle sal los nie.
Die mense van die dorp is bly om hulle te sien. Hulle
het so na Lisa verlang toe sy weg was. Niemand kon
soos ay dans nie.
Almal was so gelukkig om weer bymekaar te wees.
Daar was sommer ‘n fees.
“Dans vir ons, Lisa!” skree Bennie met ‘n groot
glimlag.
Lisa dans, maar nie vir hulle nie. Sy dans vir haar-
self.

