Page 21 - Afrikaans e-Book (Grade 1-4)
P. 21

Lisa antwoord gou.  “Om te dans.”

               “So?  Jy kan mos enige plek dans.  Op die maan,
                 by die huis, langs die rivier.”  Hy bly ‘n oomblik

               stil. “Dit maak nie saak waar jy is nie.  Wat meer

                belangrik is, is dat jy is waar mense jou liefhet.”
                “Maar mense gaan my uitlag,” sê Lisa saggies.

                Sy wou nie weer hê dat mense haar moet spot

                                           nie.
                 “Dit maak nie saak wat ander mense dink nie.

                                  Voel jy gelukkig?”
                  Lisa skud haar kop.  Bennie sê:  “As jy altyd

               wonder oor wat ander mense dink, kan jy nie jou

                  drome reg uitleef nie.  Fokus net op jouself.
               Almal het ‘n spesiale talent en ‘n spesiale droom.

                Niemand is dieselfde nie.  So hoekom probeer

                        ons om soos ander mense wees?”
                 Lisa dink bietjie hieroor en glimlag.  “Dis waar!

                  Die hele tyd wat ek op die maan was het ek

                 gewonder oor wie my sien.  Dit het dans baie
               moeilik gemaak, maar as ek dans sonder om oor

               ander mense te dink, het ek vry gevoel.”  Sy voel

                           baie beter noudat sy dit besef.
               Bennie is baie bly dat Lisa dit besef.  Hy staan op

                                  en gryp sy visstok.

                        “Nou toe!  Kom ons gaan huis toe!”
   16   17   18   19   20   21   22   23   24