Page 15 - Afrikaans e-Book (Grade 1-4)
P. 15
O, hoe wonderlik! Hier tussen die sterre wat
skitter. Hoe gelukkig is sy nie. Sy is nou ver weg
van al daardie mense wat altyd vir haar gelag het.
Sy dink aan Bennie en voel ‘n bietjie hartseer. Sy
gaan na Bennie verlang.
Sy sien toe die maan en haar voete land saggies
daarop. Sy het dit gemaak!
Sy begin dans. Haar droom het uiteindelik waar
geword. Sy kan nou dans sonder dat enige
iemand vir haar lag of spot. Nog nooit het sy so lig,
so gelukkig en so vry gevoel nie.
Elke dag en elke nag dans Lisa en die mense van
onder af kyk na haar en sien hoe mooi sy dans.
Hulle vra almal vir mekaar: “Wie is daardie meisie
op die maan? Kan dit rêrig Lisa wees?” Almal
praat van hoe mooi sy dans en hoe gelukkig sy
moet wees, maar een seun wonder of sy dalk na
almal verlang. Bennie.
In sy bootjie sit ou Bennie en verlang na sy
vriendin. Hy kyk op na die maan. Daar is sy. Daar
dans Lisa.

