Page 11 - Afrikaans e-Book (Grade 1-4)
P. 11

Een middag lê hulle op die gras langs die

            rivier en kyk na die wolke.  “Eendag,” sê Lisa,


                   “eendag gaan ek op die maan dans.”

                “Maar, Lisa,” sê Bennie, “hoe gaan jy dit

                      doen?  Die maan is dan so ver?”

             “Ek gaan op ‘n wolk spring en die wolk gaan

             my na die sterre neem en die sterre gaan my


               na die maan neem.  Op die maan gaan ek

             dans en dans en dans.  Almal gaan my sien.

                      Dan sal niemand vir my lag nie.

              “Ek lag nooit vir jou nie,” sê Bennie.  Lisa is

                                           stil.


               “Wat is jou droom, Bennie?” vra Lisa na ‘n

                                         tydjie.

             “My droom?  Sjoe!  Ek weet nie.”  Bennie sit

            lank en dink daaroor.  Uiteindelik antwoord hy

             haar.  “Ek wil net in my bootjie sit en visvang

            en met my maatjie na die wolke kyk.”  Bennie


             kyk vir haar met ‘n breë glimlag.  Lisa glimlag

                 terug.  Sy gaan baie na Bennie verlang.
   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16