Page 7 - Afrikaans e-Book (Grade 1-4)
P. 7
Selfs haar ouers dink nie sy kan dit doen
nie. “Hoekom sal jy so ver weg wil gaan om
te dans?” vra hulle. “Hoekom kan jy nie net
hier vir ons dans nie?” Lisa se ouers is baie
lief vir haar, maar soms kan hulle haar glad
nie verstaan nie.
“Want ek wil die beste wees,” sê Lisa.
Niemand verstaan haar nie. Net Bennie
verstaan vir haar.
“Hoër! Hoër, Lisa! Nog ‘n bietjie!” skree
klein Bennie vir sy vriendin.
Lisa is so hoog in die lug dat sy amper vlieg.
Wanneer sy dans spring sy so hoog dat
wolke haar amper wegdra. Elke dag draai
en draai en draai sy totdat sy ‘n
bietjie hoër kan vlieg.

