Page 104 - FEB2005
P. 104
gebruik. Om marteling vry te spring het talle prosti- tute ingestem om die KKK by te staan. Hulle is as lokaas gebruik om
nog slagoffers te lok.
In die beroemde saak van Henry
Lowther, ’n Afro-Amerikaner wat gekas- treer is deur die KKK omdat hy met wit vrouens gelol het, is ’n prosituut aangesê om die man te verlei en ‘rape’ te skree.
Die Duiwel se inkarnasies
Ná die burgeroorlog was swart mense beskou as die Duiwel se kinders. In die KKK se oë was dit genoeg rede om swartes aan te doen net wat hulle wou. ‘Wetsgehoorsame Negers’ is alleen gelos. Diegene wat hul onlangse eman- sipasie deur Ambraham Lincoln wou uitleef, het dit swaar berou as die Klan hulle in die hande gekry het.
In die naam van ‘die beskerming van wit rynheid’, het swart mense swaar gekry. En die howe was dikwels goedgesind teenoor die KKK. Elias Hill se wreedaardige aanranding is oorgesien omdat ’n regter saam gestem het met die KKK se redenasie dat Hill dit verdien het. Selfs ná die burgeroorlog was dit ‘onbeskaafd’ vir ’n swart man om ’n wit vrou lief te hê. Dit was onheiliging!
Al wat ’n swart man moes doen om ’n besoek van die KKK te kry, was om sy liefde vir ’n wit vrou uit te spreek, of ’n aanduiding daarvan, hetsy mildelik of subtiel, te gee.
Bloedvermenging was kardinale sonde in die oë van die KKK. In North Carolina is ’n swart man vermoor omdat hy gehunker het na ’n wit vrou. Die bord om sy lyk se nek het gesê: “Jy is gehang omdat jy wou verkrag.”
As blanke mans met swart vrouens omgang wou hê, was bloedvermenging nie sonde nie. Daarvan het die groeiende mulatto (kleurling) bevolking van die Suide getuig.
As swart vrouens eers die ‘eiendom’ geword het van Klansmen, is swart mans dikwels aangerand as hulle durf waag het om seks te hê met dieselfde vrou. Die
penis van ’n Klansmen, was al wat toege- laat is om die ‘heilige tabernakel’ van KKK plesier te betree - maak nie saak of die vrou wit of swart was nie.
In Alabama was geseling die voorland van swart mans wat die KKK se seks slawe wou bykom. Swart mans wat met die KKK se Negerinne wou trou, is ontvoer, erg gemartel en op ’n plek gelaat vanwaar gehoop is dat hulle nie hul pad huistoe sou kry nie.
Die KKK se seks-angs het geboe- merang
Soos met alle verwronge moraliteit, het die KKK se seks-ideologieë begin inwerk binnetoe. Sommige Klansmen het so sterk geglo dat swart mans na wit mag smag en dit wil bekom deur die ‘heiligheid’ van ‘wit godinne’ te ‘ontsluit’, dat KKK mans in hul eie seksuële vermoeë begin twyfel het. Blanke mans was mos nie veronderstel om dieselfde sinlike drifte as swart mans te hê nie. Vir sommige Klansmen was ereksies soos angsaanvalle - ’n teken van swakheid, onrynheid, onmenslikheid, miskien selfs swart bloed in wit lendene?
Die vreesvervulde lewensbeskouing van die KKK is verder vergiftig deur agterdog. Op dié wyse het die KKK se mitologie oor die vrou begin ineenstort. Dit loop terug na Eva se oersonde. Boonop het die verkrummeling van die mitologie van ‘wit rynheid’ gepaard gegaan met die mite dat swart mans welbedeeld is. Hoe kan vrouens weerhou word van ‘die swart adders’ van sonde? Die Duiwel se ‘boosdoenaars’ is losge- laat in die tuin van die KKK se ‘goedheid.’ Soos ons almal maar weet, vat dit nie lank vir ‘goed’ om oorwin te word deur ‘kwaad’ nie...
Penis envy oftewel penisjaloesie is seker dié rede hoekom die KKK gereeld swart mans ontman het.
In een van die ergste gevalle is ’n swart man se geslagsdele vasgespyker aan ’n houtblok. Hy’s ’n slagter se vleismes gegee en toe’s die houtblok aan die brand gesteek. Hy het twee keuses gehad. Of hy brand sy manlikheid weg of hy kastreer homself. Sy sonde: blykbaar het hy saam met ’n wit voru gewoon. Die vrou se straf was net so erg. Twee keupe is weerskante van haar vagina gesny en ’n slot is deur haar labia gehaak.
In ’n ander geval is ’n swart prediker dood gesteek, sy lyk ontman en daarna gesleep deur die strate as waarskuwing
vir ander swartes.
As die Klan nie wreed was nie, het hulle
seker gemaak hulle veroorsaak psigiese skade. Seksuele vernedering is dikwels aangewend, en slagoffers is gereeld beveel om hulself soos diere te gedra.
Wanneer ’n slagoffer gemartel is, is fami- lielede dikwels forseer om die geweld nakend gade te slaan.
In een geval is ’n hele familie seksueel geteister. Twee kinders, albei agt, is beveel om hulself te ontbloot en is van agter gepenetreer met stokke.
Night raids oftewel ‘wit riddertogte’ is gewoonlik voorafgegaan deur baie alkohol waartydens die mans mekaar seksueel aangehits het. Die belofte van ’n gang bang was genoeg vir die KKK om op ’n terreurtog te gaan.
Inteendeel, die dubbelmoraliteit van die KKK - kuise burgers bedags en weersin- wekkende ‘spoke’ snags - het ’n teelaarde geword vir perversies. Maak nie saak hoe en wanneer nie, maar menslike drifte moet uit! En die KKK se sekslus het uiting gekry deur geweld.
Baie slagoffers het getuig hoe die KKK dikwels soos diere tekere gegaan het wanneer hulle hul way met een of ander vrou gehad het.
Maar die tyd het gedraai teen die Klan. Hul mitologieë en ideologieë het in duie gestort. Maak nie saak hoe hard daar probeer is om deur verwronge moraliteit impetus te geen aan hul beheptheid met self-verwesenliking nie, was hulle in wese net ’n spul rassiste. Verkragters en moordenaars - hulself slagoffers. Slagoffers van Die Swart Gevaar!
Dis insiggewend om te dink dat die KKK ontstaan het as gevolg van die psigose van oorlog.
Nie net het die Konfederasie soldate die burgeroorlog verloor nie, maar toe hulle terugkeer na hul plase, het hulle besef dat hul vrouens sonder hulle kon klaarkom. Hul manlikheid het aan flarde gelê.
Die wyse waarop hulle tewerk gegaan het om hul manlike eer te herstel, is vandag nog, in talle sfere van die samelewing, aanwesig. Die voorste oorlogvoerder van huidige tye is nie verniet ’n Southern Boy nie.
Artikel het oorspronklik verskyn in Bizarre, Junie 2004, onder die opskrif: Hooded Horror: Sex and the Ku Klux Klan. Is gebruik sonder vergun- ning.
12 loslyf februarie
KKK 10-9 2/12/04 9:07 Page 12