Page 105 - FEB2005
P. 105

 KKK 10-9 2/12/04 9:51 Page 11
                 e Ku Klux Klan
   onderdrukking, selfs slawerny, gebruik gemaak om vrouens deeglik daarvan bewus te maak oor wie nou eintlik ‘baas’ is. Die basiese boodskap was: Don’t fuck with us! Die rede hiervoor is omdat die Noorde, die oorwinnaars van die bur- geroorloog, alreeds besig was om in ’n big way met die Southern way of life rond te fok.
Wit vrees het ’n wapen geword in die hande van patetiese mans. Soldate wat nie die gawe gehad het om soos helde te sterf op die front nie, moes verlore manlike aansien herwin. Vrees is by al wat vrou en kind is ingeboesem. Swart mense en Jode was die nuwe vyand en dié keer - só was die KKK se motivering - sou niks of niemand, selfs uit eie
geledere, in hul pad staan nie.
Die terreur wat onstaan het was van so ’n aard dat min vrouens die doen en late van hul mans bevraagteken het. Hul aksies was geregverdig. Om misdaad te pleeg in die naam van ‘die wit weg’ was
geregverdig.
In South-Carolina het 25 KKK-lede ’n
Unie-man (Noordelike-ondersteuner) se stoor afgebrand. Nie ’n enkele ‘wit ridder’ is aangekla nie want elkeen se vrou het gesweer hul mans was tuis tydens die brandstigting.
Die swart en Joodse ‘binnesypeling’ van die Suide ten spyt, het die KKK voor nog ’n uitdaging gestaan: hoegemaak met seks as dit kwansuis so ’n euwel is? Hoe kan jy die rynheid van ’n kuise lewe
bedags besing, en snags inkruip langs jou vrou, oorkom van seksuele begeerte?
Maar die KKK se mense was nie veron- derstel om sulke alledaagse menslike drifte te hê nie. Volgens die KKK was dié wellustigheid behorende tot die ‘modderras-stamme’ wat ingevoer is uit Afrika, en hul bevryders, die Joodse ‘lefties’ vanuit die Noorde.
As gevolg van hul beskouing van seks in hul verdraaide morele bewustheid, kon KKK mans hulself eenvoudig net nie vireenselwig met die vleeslike drifte van swartes en Jode nie.
Dit was allerweë beskou dat swart mans streef na die mag van wit heerskappy, en reken dis bekombaar deur seks te hê met ’n wit vrou.
So wat moet ’n jagse kêrel dan doen? Eenvoudig: gooi ’n laken oor jou kop, spring op jou perd, laat die wit vuur van woede deur jou bruis, en gaan op ’n kruisegingstog.
Wit prostitute was ’n gunsteling teiken. Niemand het in elk geval ’n fok gevoel vir Satan se slette nie. As daar gekla is het die KKK skouerophalend gesê hulle reinig maar net die samelewing - hulle beskerm hul kinders teen die verleidsters van die hel.
In North-Carolina, in ’n aanval op vier prostitute, is een van die vroue se hare afgebrand en geforseer om haar eie pubiese hare af te sny. Terwyl sy besig was met haar eie skending is sy geslaan met ’n sweep. Sy was 16 jaar oud tydens die voorval.
In Georgia is die genitalië van prostitute in die algemeen vermink, en in South- Carolina het ‘young bloods’ - welaf blanke vrygeselle - hul prostitute geteer en veer ná die tyd.
Warm teer is by prostitute se vaginas ingegooi!
Een KKK-lid, Shaffer Bowens, het in 1971 tydens ’n reeks KKK-verhore getuig dat een prostituut, Jane Sumril, die slagoffer was van erg sadistiese folterring.
Klansmen het haar besoek met ’n emmer warm teer en ’n jongeling, Elijah Ross Sepaugh, aangesê om die teer by haar vagina in te gooi.
Die teer treatment is ’n hele paar keer
   loslyf februarie 11
              











































































   103   104   105   106   107