Page 106 - FEB2005
P. 106

              Seks en die
Saam met die spookagtige gewade en die brandende kruise het die rassiste van die Amerikaanse Suide hul skrikbewind aange- vuur met brutale seks en geweld. Sloan Freer het gaan krap in die gruwelgeskiedenis van die KKK.
Deesdae is die KKK niks meer nie as ’n nie-polities korrekte poep in die suidelike moerasagtige hillbilly hart van Amerika.
Maar so onlangs as die 1950s, is die vroeë inkarnasies van die ergste rassiste- organisasie ter wêreld nog steeds gead- mireer deur ’n waas van wit waansin.
Baie geskiedkundiges het die oorspronk- like 19de eeuse KKK-lede bestempel as ’n klomp misverstaande ‘volksredders’ - slagoffers van die gedwonge same- smelting van die Konfederale State (Suide) met die Noorde na afloop van die Amerikaanse Burgeroorlog.
Wat dié geleerde sotte willens wetens al dan nie uit die oog gelaat het, was die KKK se skynheiligheid, hul wreedheid en hul sadisme. Hier was nie net ’n spul mense wat in afsondering wou leef en vasklou aan hul eie eng, vreesbevange siening van die lewe nie. Dit was nie asof hulle een of ander regse Amish-clan was nie. Nee! Die KKK se volgelinge was ekstreme onderdrukkers, mense wat se woordeskat nie “verdraagsaamheid’ ken nie.
Hulle het nie geskroom om die woord te verkondig oor ridderlikheid en blanke vroulike suiwerheid nie. Diesulke propoganda het baie steun aan hulle besorg. Maar as die KKK se ‘manne’ uit die skadus van hul eie fucked-up-geit verskyn het, het die spoke van wit heer- skappy die Suide van Amerika geteister soos gesante van Satan. Tydens hierdie teistertogte is niks onaangedaan gelaat nie, en dit sluit vrouens in.
In die hande van die KKK het seks ’n wapen geword. ’n Wapen waarmee chaos gesaai is. Vir die KKK was seks gebruik om vrees by mense in te boesem. Begeerte het vir hulle niks met seks uit te make gehad nie.
In die naam van politiek, patriargale dominansie en bo alles - Anglo-Saksiese heerskappy, het vrouens verhandelbare vennote geword in hul skrikbewind. Vrouens is verafgod maar ook gebruik, misbruik, uitgebuit en onderdruk. Niks
was verhewe bó die KKK se cause nie. Genitaliese verminking, geseling, verkragting en moord was algemene vorme van ‘wetstoepassing’ in Suid- Amerikaanse state tussen 1866 en 1872. Vrouens het dikwels in die pad beland van die KKK se nagtelike ‘riddertogte.’ Net die blote gedagte om in die pad te beland van die KKK, hoog op wellus vir seksuele geweld, is iets wat mense nou
nog met angs vervul.
Dit is nie te moeilik om te begryp dat die
KKK aanvanklik ontstaan het as ’n tipe kollege ‘kuiergroep’ nie. Jy moes egter behoort tot die ‘verkose volk’ en alles wat Anglo-Saksies is ondersteun.
Die KKK het ontstaan in Pulaski, Tennessee in 1866, en was die oorsaak van veteraan Konfederasie-soldate wat gesoek het na ’n teenvoeter vir die leemte gelaat na afloop van die burgeroorlog.
Generaal Forrest en sy volgelinge het bisarre rituele ontwikkel. Vermom in wit lakenklede het hulle die platteland van die Suide geterroriseer en ’n skrikbewind teen swart Amerikaners van stapel gestuur, asof hulle spoke was vanuit die verslane Konfederasie-saak.
In 1987 het dinge vir die white cause versleg toe die ’noordelike bewind’ die Reconstruction Acts uitgevaardig het. Dié wette het die kulturele en politieke basis van suidelike wit oorheersing ’n nekslag toegedien, en veroorsaak dat die KKK hul skrikbewind vererger. Oornag het die lewe in die Suide in ’n nagmerrie ontaard vir swart mense en vrouens, ongeag hul ras.
Die KKK se terreur was miskien van korte duur, maar as self-aangestelde ‘beskermers’ van die Suide, het die KKK seker gemaak dat die geskiedenis van Amerika hulle nooit sal vergeet nie.
Wit vroulike rynheid...
Sentraal tot die KKK se ideologie was die geloof in blanke rynheid. Dit was ’n mate van sosiale beheer, het die domi- nansie van blanke mans vasgepen en die status van wit vroue verhoog tot iets
magies. Daar is geglo dat as die vrou gemitologiseer word as ’n beskermengel van wit rynheid en preutsheid, sou vrouens hulself so hoog ag dat hulle nie hul neuse sou steek in die wêreldse sake van KKK mans nie.
Maar die burgeroorlog het vrouens verander. Terwyl die mans op die front was, het vrouens ingespring en die werk verrig. Sonder vrouens sou die Konfederale magte veel vroeër as 1965 die stryd gewonne moes gee.
Die KKK se benadering was eenvoudig: skep ’n spul moerse versinsels en oorreed die vrouens dat terugkerende soldate nog steeds die beskermhere van huishoudings en die samelewing is. Dikwels is daar van geweld en seksuele
        10 loslyf februarie
             KKK 10-9 2/12/04 9:50 Page 10
   










































































   104   105   106   107   108