Page 127 - Merensky Vat 50 Reunie Album
P. 127
“Vat 50” Klas van 1968
Skoolherinneringe van Nellie
My herinneringe.
Die heerlike serries wat ons op oom Hans Boekee se rooi Coke Trok gehad het.
Die warm Bola met die 1967 Matriekafskeid.
Die heerlike geleenthede tydens skooluitstappies.
Die lekker sing by die ou skool tydens pouses. (Ooo die Apie sit en droom......)
Die ontgroening in st 6. Maak die Wildevy skrik!!!.. Gooi hom nat met 'n vingerhoed.
Ons bokkesport...wow...ek was 'n Luiperd.
Die snoepie... wat 'n belewenis....Toe 'n CRUNCHY nog 'n CRUNCHY was en 5c gekos het, aanvanklik.
Seniors o wee.
Die heerlike verhale wat Mev de Klerk (Mac) vir ons in die Engelse klas gelees het.
Die belewenis wan 'n tikmasjien. Vingeroefeninge en a,s,d,f,; l k j en mnr Kempen.
Mnr Mitchell wat alles so diplomties benader het... Wonderlike herinneringe!!!
Nellie de Jager