Page 126 - Merensky Vat 50 Reunie Album
P. 126

5 jaar “Vat 50” Klas van 1968


                                          Skoolherinneringe van Joan


        My hoërskool loopbaan was die gelukkigste tyd van my lewe.
        Ek was van die meer ernstiger kinders. Ek was natuurlik mal oor Mnr Mitchell soos jul sal onthou.
        Ek was ook een van sy witbroodjies. Onthou julle?
        Ek het een vaste vriend gehad, Josua van Rooyen. Hy was nogal kaptein van die eerste span.
        Die naaste aan vry was tiekieaande en sommige Saterdae se flieks. ‘n Rosyntjie brood en ‘n botteltjie coke.
        Heerlik!  Alle vryery was basies slegs hande vashou.
        Makotla was nogal iemand om mee rekening te hou. Ek het Algebra verstaan maar meetkunde het vir my
        ore aangesit. Nou sal ek staan en o.a. afstande, lengtess kat, raai wat? Akkuraat. Ek het nou vergeet wie
        het virons Biologie gegee. Was dit nie Mnr Piet Lappies nie? Hy behandel toe die slymvliese. Vra vir ons of
        ons weet wat dit is?

        Niemand kon antwoord nie. Hy haal toe sy sakdoek uit en snuit sy neus daarin en wys vir ons die ‘snot’.
        Ek gril nog vandag as iemand naby my sy neus blaas sonder om  weg te draai.
        Juffrou Santjie is sinoniem met die koshuis. Ons het in die wasgoedmandjie geklim Sondagaande en mekaar
        op en af gestoot tot groot genot van almal. Natuurlik was die ‘broekies’ nat daarna. Nie te praat van die
        vuil wasgoed in die mandjie nie.
        Soggens het my hare my nogal baie besig gehou. Langs my ore het ek die hare gekrul en geplak met
        selotape. Elke oggend was die blink merke langs die wange. Om daai merke te kon afkry was nogal ‘n
        effort. Die hare het teweeggebring dat ek soms nog nie betyds gereed was wanneer Juf Santjie inspeksie
        kom hou net nie. My strategie was om te kniel by die bed en maak asaof ek bid dan het sy nie geraas nie.
        Haar pikkenees hondjies het haar vooraf gegaan en was my waarskuwingsklokkies.
        Ek het verantwoordelikheid geneem vir my jongersuster, Sandra se klere. So - was, stryk en skoene
        skoonmaak was my forte. Sy bederf my darem nou.

        Die ontbyt in die nuwe koshuis was vir my net wonderlik. ‘n Stukkie koue vleis op ‘n broodjie met mielies!
        Mensig die ontbyt was heerlik.
        Sommige studie tye het Hester Tolmay by die deur uitgeglip en op ‘n klip gaan sit en van die wêreld vergeet.
        Sy het soms net gesê sy gaan gou haar hare was. Sy kon verskyn en verdwyn. Sy was net soos ‘n dassie –
        soek slegs son.
        Dit het gelyk asof sy geen stress gehad het nie. Terloops, sy het ook Maatskaplike Werk na skool gaan
        studeer.
        Sondagaande het ons saam met Mnr Mitchell gaan stap op die plaas. Dit was ook ‘n hoogtepunt.
        Die sport geleenthede op skool was ons en my behoud. Ons was besig en daar was nie baie tyd vir
        stoutighede nie.
        Ek was deel van die netballiga in st 7&8. Soos ons deelgeneem het teen ander skole in Potties was ons ook
        uitgeplaas by ander gesinne om oor te slaap. Ek kan onthou hoe hul vir my ontbyt in die bed gebring het
        met tamatiesap. Ek kon nog nooit van daardie tyd af tamatiesap in my lyf kry nie. Ons toer na die Kruger
        Wildtuin was ‘n groot ervaring. Maryke het die wonderlikste partytjie een jaar gegee op die dam en ons
        was almal op ‘n boot. Om eerlikte wees was die 5 jaarvir my soos ‘n fees. Niekie en Herklaas in die
        voorligtingsklas was groot pret. Dankie julle.
        My skoolvriende en skoolvriendinne was goud werd. Ek salueer julle; Maryke, Elmarie, Adi, Elize, Niekie,
        Herklaas en andere vergewe asb as eksommige se name uitlaat. Ek weet julle sal VERSTAAN.

        Joan Groenewald
   121   122   123   124   125   126   127   128   129   130   131