Page 2 - nuusbrief 1 2025.cdr
P. 2

Beste Ouers


                                             Land die helikopter en bêre die grassnyer...

                               Drs. Rassie Erasmus en Daniel Amen is beide van mening dat daar oorgenoeg
                               geleenthede op ons pad kom wat van ons bobaas planmakers kan maak.

                               Rassie Erasmus, die hoogs suksesvolle Springbokafrigter het tydens 'n
                               geleentheid waar die FW de Klerkstigting aan hom hulde gebring het oor sy
                               formidabele vermoë om nasiebou aan die hand te werk, Suid-Afrikaners as
                               meesterplanmakers beskryf. Hy is van mening dat die talle uitdagings wat
                           Suid-Afrikaners daagliks ervaar, juis van ons kreatiewe innoveerders maak (klik op
                           die skakel: https://fwdeklerk.org/fw-de-klerk-foundation-awards-doctor-johan-
                           rassie-erasmus-with-the-fw-de-klerk-goodwill-award/ )

                           Daniel Amen, 'n bekende Amerikaanse geestesbreier voel baie sterk daaroor dat
                           ons geestelik swak kinders die wêreld instuur, juis omdat ons geleenthede vir hulle
                           om planne te maak, voortydig kaap. Kinders wat onder meer verveeld is; truie op
                           koue dae vergeet, boeke vergeet en toetse nie laat teken nie, moet self planne
                           maak (klik op die skakel: https://www.instagram.com/share/reel/BAKSVeGkQm )

                           As hoof het ek die afgelope week twee keer ouers wat hul kinders se kanse om self
                           planne te maak wou ontneem, in die voorportaal toevallig raakgeloop. Beide ouers
                           se kinders wat enersyds nie 'n toets laat teken het nie en andersyds een wat sy
                           huiswerk tuis vergeet het, is onverrigte sake terug huis toe gestuur. Daar is aan die
                           ouers verduidelik dat die kinders aan hul ouers se geheues werk en daarom sal
                           aanhou vergeet. Ek is dankbaar dat albei ouers die hoof se opvoedkundige oordeel
                           vertrou het en toegelaat het dat hul kinders self planne moes beraam om hul eie
                           moeilikheid te trotseer.

                           Om 'n debietpunt te vat omdat jou toets nie geteken is nie en om die toorn van die
                           onderwyser op die hals te haal as jou boeke tuis is, leer die kind trouens om self
                           verantwoordelikheid vir sy eie vergeetagtigheid te aanvaar. Die verveelde kind
                           wat self moet planne maak om besig te bly, het per slot van sake 'n gawe stukkie
                           ondernemingsgees tot gevolg.

                           Om jou kind as ouer in uitdagende tye by te staan is natuurlike instink, om jou kind
                           daagliks die geleentheid te bied om 'n innoverende planmaker te word, stel
                           hom/haar in staat om die harde ongenaakbare werklikheid van die grootmenslewe
                           eendag met groter gemak aan te pak.

                           Land die helikopter waarmee jy deurentyd oor jou kind huiwer en laat die
                           grassnyer in die tuinstoor, om sodoende onafhanklike, kreatiewe kinders groot te
                           maak, wat die harde werklikheid van die ondermaanse as volwassenes kan
                                      baasraak.

                                      Sal 'n verbod op ouers wat hul kinders in die voorportaal kom red, nie
                                      'n gawe plan wees nie?



                                                         Groete




                                                       Dr. Louis Dey
                                                          Hoof



      DIS HÓÉ ONS DIE WÁT DOEN
   1   2   3   4   5   6   7