Page 12 - SAFFER 07
P. 12

VUURPYLE OP








        DIE STRAND













           Wat die laat herfs en vroeë winter aan die Suidkus van Kwazulu-Natal so aantreklik maak vir
           vakansiegangers, is nie net die heerlike warm weer (in vergelyking met die res van die land) nie. Dit
           is asof die omgewing self vasberade is om die beste voetjie voor te sit: die son skyn ‘n warmer geel
           wat weerkaats op die goudkleurige sand, die lug en die see is blouer as gewoonlik, en die plantegroei
           wys hulle mooiste kleure. En dan is daar natuurlik die sardyne, die elwe en die roofvisse wat hulle
           verskynmaak – maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag.

           Oranje is vir my die mooiste winterskleur en net daar waar die helder-oranje koraalbome, strelitzias,
           clivias, kannas en alwyne hulle blomme uitstoot, moet ons altyd stilhou om ‘n paar foto’s te neem.
           Baie van hierdie plante groei op die sypaadjies of langs die kusweë, sommiges selfs in die brandpaaie
           tussen die suikerriet. Die alwyne (of vuurpyle, soos ons hulle noem) floreer tussen die duine en
           rotsagtige grond reg langs die strand. Die meeste van hierdie foto’s is geneem op die strande naby ons
           woonplek wat ons gereeld besoek: Southport, Sea Park, Umtentweni en Uvongo. Hulle groei egter
           volop langs die hele strandgebied vanaf Hibberdene tot in Port Edward.


           Die vuurpyle se blomtydperk kan in goeie jare duur van laat Mei tot einde Julie, mits die
           weersomstandighede gusnstig is. Hulle verwelk egter vinnig wanneer die yswinde van die
           toegesneeude bergreekse af waai of as hulle verniel word deur stortreëns, wat wel soms in Julie
           voorkom, hoewel hierdie eintlik ‘n somerreënvalgebied is.


           Veral nou in die grendeltydperk, is hierdie blomme ‘n prag waaraan ons onsself verwonder op ons
           daaglikse uitstappies strand toe.



           Follow Hester at https://www.hesterleynel.co.za/























        |  12
   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17