Page 9 - WieEkIs Erin Nel
P. 9
Met opregte dank en opgedra aan:
Die Een vanuit wie se liefdevolle Vaderhart dit gekom het. Aan
God die Vader, die Almagtige Skepper van die hemele en die
aarde. Die Een wat was, wat is en wat altyd sal wees. Sonder U
is ek niks. Aan my kosbare Jesus Christus, my ewige en eerste
Liefde. Ek het U lief O Heer, my Koning, Here van die leerskare
en betroubare Vriend. U lofsang en Woord sal altyd oor my
lippe kom. Groot is U Adonai, en groot is U liefde vir ewig en
altyd! Dankie aan die Heilige Gees vir U doelgerigte leiding,
liefde, vrede en bystand. Sonder U sou ek dit nie kon doen nie,
alle eer aan U vir die bediening en woord wat hier uitgaan.
My unieke en wonderlike man! Jy is altyd aan my sy en reg om
te ondersteun. Jy het baie keer tot in die vroeë oggendure saam
met my wakker gebly, net sodat ek nie alleen hoef te skryf nie.
Dankie vir jou positiewe en praktiese perspektief wat jy altyd
met soveel vrede oordra. Lourens, jy is die man wat God
spesiaal vir my uitgesoek het en ek eer jou in Jesus Christus en
is elke dag dankbaar vir jou!
My kosbare kinders, julle is vir my 'n riem onder die hart. Dankie
vir julle hope geduld en soet wees en net júlle-wees terwyl
Mamma gebid, gesing en geskryf het. Dit is mooi om te sien die
werk wat God alreeds in julle twee kom doen het en ek bid elke
dag dat julle naby aan Jesus se hart sal leef. Kristian en Isabelle,
Mamma is baie lief vir julle.
4