Page 14 - WieEkIs Erin Nel
P. 14

vol van Sy groot liefde.

            Een aand langs  die  Malawi meer, het ek  ‘n  aangrypende
            ontmoeting met God gehad. Daar was eers ‘n tropiese storm
            met asemrowende weerlig op die meer. Na die storm en die
            reën het alles kalm geraak en was dit prentjie-mooi met die
            helder maan wat op die meer skyn. Die volgende oomblik was
            daar weerlig in my kamer, terwyl dit ‘n oop hemel daar buite
            was. Dit was kosbare oomblikke in die teenwoordigheid van die
            lewende God. My lewe kon nooit weer dieselfde wees na so ‘n
            ervaring nie. En na hierdie ontmoeting met God, was daar talle
            ander kosbare ervarings van intimiteit met God.
            As jy smag na dieper intimiteit met God en na ‘n lewe wat regtig
            sin maak, lees  gerus verder.  Die  vervulling  van jou
            skeppingsdoel en die instap in jou beloofde land wag vir jou in
            die volgende klompie bladsye. Geniet dit!































                                          9
   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19