Page 19 - WieEkIs Erin Nel
P. 19
'n Persoonlike woord
vanuit die hart
Wanneer jy hierdie boek lees of selfs net daardeur blaai, hoop
ek dat jy een ding hieruit sal saamneem op jou lewenspad. En
dit is om jou Godgegewe roeping te vind. Dit wat jou hemelse
Vader spesiaal op Sy hart het vir jou lewe. Die ware en unieke
plan vir jou lewe. Dit is ook my hartsbegeerte dat jy ook die
dieper jy sal ontdek deur hierdie reis. Dat jy sal ontkiem en groei
tot die volle potensiaal van wie jy is. Wie jy gemaak was om te
wees toe God jou reeds in jou moederskoot gevorm het en
alreeds al die seeninge en planne vir jou bepaal het.
Mag die storms van die lewe, wat jou tussen die branders deur
heen en weer laat dobber, jou vandag by Jesus se voete laat
uitspoel en julle dan saam hierdie reis aanpak. Mag Hy jou
afdroog, lewe in jou blaas en jou sodende opnuut vul. Vir
hierdie rede het my gees my genoodsaak om my pen op papier
te sit, my hart as’t ware ook op papier sit. Sien, hierdie reis is
nie net joune nie, maar myne ook. Hierdie reis gaan ons saam
stap, saam met menigte ander vrouens en mans oor verskeie
kleurgrense, taalgrense en godsdiensgrense. Hierdie reis gaan
diep spore trap; in woestynland, grasland, bergland totdat ons
uitkom by die waters waar daar rus is, waar ons nuwe krag kry
en ons tuis sal wees in die teenwoordigheid van die Here tot in
lengte van dae! Wat ‘n wonderlike vooruitsig!
14