Page 17 - WieEkIs Erin Nel
P. 17

Proloog






            Op 4 Februarie 2017 het Anton en Kari ons gemeente besoek
            en het daar ‘n profesie uitgegaan oor die boek. Die profesie het
            gelei dat God hierdie boek reeds in my geplaas het en dat daar
            ‘n dringendheid is dat die boek geskryf en gepubliseer moet
            word.  Ek het dadelik geweet  waarvan  sy  praat, maar  ek het
            onbekwaam gevoel om dit te skryf alhoewel skryf my passie is.
            Daardie  dag  het God  deur  haar  bevestig  dat dit wel  ‘n
            Godgegewe passie is en dat Hy dit wil aanwend om mense te
            "unstuck" in hul pad met die Here en dat hul moet begin loop.
            Die Woord het verder uitgegaan dat dit mense sal oplig, stig en
            genees waar hul seergekry het. Ek moes in hierdie geval die
            eerste stap neem. En ek het. Hier sit en skryf ek nou aan Sy boek
            wat moet uitgaan. Dankie vir jou ook, liewe leser dat jy God se
            prikkel gevoel het en nou hierdie reis saam met my gaan stap.
            Wees geseënd in jou reis!

            Shalom!











                                          12
   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22