Page 15 - WieEkIs Erin Nel
P. 15
Voorwoord
Deur Tania Lochner, Mataniah “Gift of God” Ministry.
Worcester Christen Gemeente
“Wie is ek?” - ‘n vraag wat ekself al menigmale vir myself gevra
het en ek seker is baie ander ook. Met my eerste oogopslag het
ek gedink Erin gaan aan die einde presies vir my vertel wie ek
is: “Jy gaan ‘n bekende aktrise word Tania!”
Groot was my verbasing toe ek besef uit hierdie gesalfde boek
dat dit ‘n lewenslange ontdekkingsreis is. Dit bring jou tot ‘n
halt en laat jou selfondersoek doen sodat jy die kern van wie jy
is kan ontgin. Wat ‘n vreugde om jou lewensdoel te ontdek –
hand in hand in ‘n verhouding met God. Welkom op hierdie reis
saam met Hom!
10