Page 13 - WieEkIs Erin Nel
P. 13

Voorwoord



               Deur Dr. Francois Engelbrecht, Powerhouse International.
                  Internasionale spreker en skrywer van “Ontsluit jou
                                     potensiaal”




            Ek sit  by ‘n baie  suksesvolle sakeman.  Hy  het die  briljantste
            besigheidsidee wat hy reeds begin bemark het. Massas mense
            het eintlik hierdie produk dringend nodig. Maar daar is net nie
            genoeg bestellings nie. Sy banksaldo is so laag dat daar nie eers
            genoeg oor is om die maand se lone te betaal nie.

            Breek die golwe  van die  see van  die lewe  ook stormagtig
            rondom jou? Het jy al getwyfel in jouself en gewonder of jy bo
            gaan uitkom? Of het jy wonderlike drome wat jy so graag wil
            sien waar word? Dan is hierdie boek beslis vir jou geskryf.

            Terwyl sy lekker met jou kuier, raak Erin aan die sin van jou
            bestaan. Jy word ingetrek in hierdie storie van die lewe en voor
            jy jou kom kry, wil jy nie die boek neersit nie. Alles is so aktueel,
            dat dit voel asof sy besig is met die storie van jou lewe.

            Om  geluk, vervulling  en oorvloed te  kan beleef, is  dit
            noodsaaklik dat jy sal weet presies wie jy is. Ook hoekom jy
            vandag op planeet aarde is. In “Wie ek is” fokus Erin op die
            regte verstaan  van jou identiteit.  Sy deurbreek  die klein
            perspektiewe van ons verstaan, deur dit teen die agtergrond
            van God se onmeetbare groot planne vir ons lewens te plaas.
            God se planne vir ons lewens is goed en positief – vol hoop en


                                          8
   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18