Page 20 - WieEkIs Erin Nel
P. 20
Ek proklameer dat hierdie reis ons die skatte gaan laat ontdek
wat reeds van die begin af as seëninge aan ons elkeen gegee is,
maar wat nog diep weggebere is in ons menswees. Hierdie
hemelse skatte kom in verskeie kleure en vorms en kan ook kom
deur mense rondom ons vir wie God gebruik vir Sy doeleindes.
So, ons gaan hierdie skatte ontgin in diegene rondom ons, in
wie se lewens God ons wil instuur. Nog ‘n wonderlike vooruitsig!
Daarom bid ek dat jy die boek sal ontvang op die manier wat dit
geskryf is, uit my hart vir jou. Uit God se hart vir jou. Met totale
oorgawe aan die Here en vir Sy wil alleen. Laat ons die reis
aanpak met ‘n oop hart want, soos in die woorde van Haruki
Murakami: "Wanneer ons ons hart oopmaak, is wanneer ons
heel word."
15