Page 25 - WieEkIs Erin Nel
P. 25
Die depressie en hopeloosheid raak soms te veel. Ons voel
vasgevang en alleen, afgesonder in ‘n diep swart put. Vasgebind
in ‘n emosionele tronk waar ons nie weet hoe of wanneer ons
daar gekom het nie en geen idee het om daar uit te kom nie.
Skielik mis ons die persoon wat ons gedink het ons was, want
die een wat ons nou is ken ons nie meer nie. Die wêreld het ons
so oorweldig dat ons verlore geraak het in sy weelde, trots,
selfsug en prestasie. Ons het vergeet om te let op dit wat binne
ons leef. Wie ons is. Êrens op die pelgrimspad van die lewe het
ons verloor wie ons is. As ons in die spieël kyk, voel dit soos ‘n
halwe mens wat voor ons staan. Soms wil ons nie eers in die
spieel kyk nie! Ons voel leeg en seer. Ons drome en passies
word onvervuld eenkant toe geskuif terwyl ons plek maak vir
die vals identintiteit wat die wêreld op ons afdruk.
Moeilike omstandighede rondom ons het nou ons realiteit
geword. Soveel so dat ons verhouding met onsself begrawe lê
onder maande en jare se seer, verwerping, skuldgevoel en
mislukkings. Die bagasie wat ons saamsleep is vol bitterheid en
teleurstelling. Daar is al soveel negatiewe emosies in ons harte
oor onsself dat ons in hierdie proses nie net onsself verloor nie,
maar ook die belangrikste verhouding bo alles verloor – ons
verhouding met ons Skepper, ons God. Die een wat ons beter
ken as wat ons onsself ken. Want ons moet cope. Sterk wees.
Okay wees. Ons raak so selfstandig in ons daaglikse stryd om al
die balle in die lug te hou dat ons God eenkant toe skuif.
Wegskuif. Ons probeer om ons eie verlosser te wees. Ek kan self.
Ek sal self.
Dit laat dink my aan die uittog van die Israeliete uit Egipte onder
20