Page 27 - WieEkIs Erin Nel
P. 27

van  God.  Dit voel nie soos  ‘n  realiteit  dat God as Vader jou
            liefhet en van jou hóú nie. Pappa God, jou iefdevolle hemelse
            Vader voel nie soos jóú Vader nie. In tye soos hierdie maal die
            vrae deur jou kop: het God my werklik lief?  Of  selfs, het ek
            regtig vir Gód lief?

            Gaan loer  gerus  na  die  storie  van die  verlore  seun in Lukas
            15:11-31. Hier sien ons twee broers, albei gaan gebuk onder ‘n
            weeskind mentaliteit. Die jongste seun verkwis sy pa se erfgeld
            deur plesier in die wêreld te gaan soek en sy ouerhuis te verlaat
            alhoewel sy pa steeds lewe. Die oudste seun spandeer sy tyd
            om tuis te bly en hard vir sy pa te werk om sodoende sy pa se
            liefde en guns te verdien, onwetend dat hy alrééds sy Pa se
            liefde en guns het. Die weeskind  mentaliteit laat ons optree
            vanuit  hierdie twee  hartsgesindhede. Soos die  jongste  seun
            hardloop ons weg van God en soek vervulling in dinge van buite
            soos  plesier, verslawing, materiele  besittings en fisiese
            voorkoms. Daarteenoor is daar van ons wat soos die oudste
            seun, prestasie gedrewe is weens ons weeskind hart. Die sukses
            in wêreldse  dinge  word  ons dryfkrag.  Ons verval  in
            godsdienstigheid  omdat  ons  voel  hoe meer ons  vir God kan
            dóén hoe liewer sal Hy ons hê. Hoe harder ons werk, hoe beter
            is ons. Dán sal ons God se guns en liefde hê.

            By beide hierdie twee gaan dit oor die self, en nie meer oor God
            nie. Gee vir mý, raak mý aan, vul mý, doen dit vir mý. Of – ék
            doen, ék gee, ék help, ék los die probleme op, ék doen dit uit
            mý krag. Ons het al almal in een van hierdie katogorië geval, of
            talm dalk nogsteeds daar. In geestelike terme kan ons alles hê,
            maar steeds leef vanuit ‘n weeskind mentaliteit.




                                          22
   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32