Page 31 - WieEkIs Erin Nel
P. 31
nou my lewe in U hande. By U is ek veilig en U alleen laat alles
ten goede meewerk vir diegene wat U liefhet en vertrou. Ek
vertrou U, Vader. Ek sal vertrou al is ek moeg en bang en seer.
Dankie dat U my gebede verhoor, dat U my nooit alleen laat nie,
my nooit sal verlaat nie. Ek bid dit in Jesus se naam, Amen.
God se beloftes vir my
Nahum 1:12-13
“Ek het jou verneder, Ek sal jou nie meer verneder nie; maar nou
sal ek sy juk van jou af verbreek en ou stroppe stukkend ruk.”
Psalm 34:19
“Die Here is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die
wat verslae is van gees.”
Efésiërs 1:5
“deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as Sy kinders vir Homself
aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van Sy wil.””
Galásiers 4:5 -6
“om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die
aanneming tot kinders kon ontvang. En omdat julle kinders is,
het God die Gees van Sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy
roep: Abba, Vader!”
Mattheus 17:5
“Terwyl hy nog spreek oordek ‘n helderligte wolk hulle meteens
en daar sê ‘n stem uit die wolk: ‘dit is My geliefde Seun in wie
Ek ‘n welbehae het. Luister na Hom!’”
26