Page 33 - WieEkIs Erin Nel
P. 33

Wie is ek?






            “Nobody can teach me who I am. You can describe parts of me,
            but who I am and what I need is something I have to find out
            for myself.” – Anoniem

            Die vraag bo alle vrae. Wie is ek? Wie dink ek is ek? Wie dink
            ander  is ek?  Ons  almal het al daardie  oomblik gehad waar
            iemand sê "vertel my meer van jouself. Wie is jy? Ons besef dan
            skielik dat dit nie iets is waaraan ons regtig dink nie. Of WIL dink
            nie. Dalk het ons so besig geraak in ons daaglikse bestaan dat
            ons nooit kans gehad het om daaraan te dink nie? Dalk was die
            besig  bly juis  die  manier om ons  weg  te hou van hierdie
            gedagtes.

            Wanneer bereik ons die plek in ons lewenswandel waar ons
            onsself afvra "Wie is ek?" Daardie teer punt van introspeksie,
            dieper delf. Wanneer jy nie meer met ‘n hand grafie die grond
            van jou hart net kan versteur nie, maar met ‘n graaf moet spit.
            Diep spit. Grawe. Wanneer kom ons by hierdie punt? Wanneer
            dit moeilik gaan. Wanneer die lewe druk toepas en wanneer jy
            in troebel waters kleitrap. Wanneer jy onseker raak oor dinge,
            oor jouself, dalk oor God. Wanneer jy voel niemand sien jou
            raak, het jou nodig of net wanneer jy regtig nie meer sin sien in
            jou  lewe nie. Wanneer selfs die positiewe  dinge  in jou lewe
            negatief raak.


                                          28
   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38