Page 38 - WieEkIs Erin Nel
P. 38

het waar geword.

            Dit is só dat jy Godgewe drome sowel as wêreldse drome kry.
            Ons het ‘n verantwoordelikheid om God ook met ons drome te
            ken, Hy is immers die een wat dit aan ons gegee het! Om seker
            te maak ons pelgrimsreis loop wel langs die regte pad, moet ons
            seker maak ons drome kom wel van God af en is nie net uit ons
            eie begeertes  nie. Ons moet ons  droom  aan God oorgee.
            Oorgee en nie AFgee nie. Hiermee bedoel ek ons moet God
            steeds bo ons drome eer en die droom (en ons plan) laat vaar
            en in Sy hande plaas. Ons moet Sy plan vir ons eerste stel. Nie
            mý wil nie, maar Ú wil Vader. Plaas jou droom op die altaar.

            Hierdeur sê ons eintlik, “Nie my drome nie Here, maar U drome
            vir my.” Ons vra dus dat God daardie drome wat nie van Hom af
            kom nie, sal wegneem en dit wat wel van Hom afkom in aksie
            sal laat kom, te versterk in ons gees en dit sal seën. Ek en jy wil
            tog nie ons hele lewe lank hardloop en werk en skarrel vir ‘n
            droom wat God nie gaan seën nie. Hoeveel van ons is nie nou
            tans op hierdie roete nie? Daar waar ons moeg, geirreteerd,
            onvervuld en moedeloos is omdat ons planne net nie uitwerk
            nie. God wil hê dat ons Hom uit liefde moet vertrou dat Hy ons
            drome waar maak, en te besef dat dit nie uit onsself kom nie.
            Maar uit  Sy  Vaderhand. Uit Sy perfekte liefde. U  wil,  en nie
            myne nie.

            ‘n  Droom  is nie  altyd  iets wat  skielik en  spesifiek kom  nie.
            Hierdie geskenk van die hemel kan as ‘n proses kom, groei en
            verdiep soos ons verhouding met God ook groei en verdiep.
            Baie keer vra jou droom ook geloof en opoffering van jou om




                                          33
   33   34   35   36   37   38   39   40   41   42   43