Page 41 - WieEkIs Erin Nel
P. 41

of Lize of Liesbet óf selfs ook Elisabeth. Dus het ons elkeen ‘n
            naam en dit is die naam waarmee ons elke dag omgaan. Dit is
            die naam waarmee ons Identiteitsdokument uitgeken word, die
            naam op ons geboortesertifikaat, op ons bestuurslisenie, ons
            diploma, graad en ook op ons trousertifikaat. Hierdie naam is
            integraal deel van wie ons is, wie ons was en wie ons nog gaan
            word, wat ons nog gaan bereik. Ons dra dit vanaf geboorte tot
            ons dood. Onlosmaaklik deel van ons.

            Daarteenoor is ons van nie noodwendig dieselfde van geboorte
            tot  sterfte nie.  Erin  Nel was gebore Erin  Little.  Betsy  Marais
            word Betsy Hansen die dag toe sy trou beloof aan die man van
            haar drome. Betsy het nie verander nie maar haar status en
            identiteit het verander  van ongetroud  na  getroud.  Ons het
            egter  die keuse  of  ons  ons  eie  van wil behou,  maar  in ons
            samelewing is dit aanvaar  dat die  vrou  die man se  van sal
            aanneem en so dus deel vorm van sy geslagregister. Hierdie is
            eintlik so ‘n mooi gebaar, want dit wys dat ons as vrou nou
            onder ons man se beskerming en versorging staan.

            In die Bybel se tyd was die keuse van ‘n naam baie belangriker
            as vandag. Jou naam het as’t ware gesê wie jy is. Dit was eintlik
            ‘n profesie  en proklamasie  oor  jou lewe  wat  alreeds by
            geboorte oor jou uitgespreek is. ‘n Persoon se naam het die
            omvang  van  sy menswees  saamgevat:  sy waarde,  karaker,
            reputasie en outoriteit. Hedendaags, as jy ‘n bekende van het,
            kan  mense  gou bepaal  van watter  familie jy  deel  is  en die
            identiteit en outoriteit wat daarmee saamgaan.

            Kom ons kyk na ‘n paar interressante voorbeelde van name in




                                          36
   36   37   38   39   40   41   42   43   44   45   46