Page 43 - WieEkIs Erin Nel
P. 43
Dit kan dalk so erg raak dat hulle opinies en perspektief ons s’n
raak; wat so maklik kan gebeur met die populêre en nuwe
realiteits programme. Ons leef as’t ware hul lewe saam met
hulle, deur die smart, vreugde, seerkry en persoonlike suksesse.
Alles vasgevang op kamera. Vir ons genot. Sodat ons ons
identitiet kan begin verwar met hul identiteit, sodat hul
identiteit ons identiteit word. Hulle klere dra, hulle haarstyle,
hulle skoene, hulle juwele, hulle bykomstighede.
Diana, Prinses van Wallis is in populariteit opgevolg deur
Catherine die Hertogin van Camebridge om een voorbeeld te
noem van hoe mense ander kan navolg. Justin Bieber, Beyoncé,
Jackie Kennedy Onasis, Audrey Hepburn, die Kardashians,
Rihanna en Johnny Depp, Tiger Woods, Will Smith, Brad Pitt,
David Beckham. Die lys kan aangaan; soos wat ons deur die
eeue heen mense aangehang het.
As ons kyk na die vermaaklikheidsbedryf is dit normaal om te
sien hoe sangers en akteurs/aktrieses hul naam verander om
aan te pas by hul nuwe verhoog persoonlikheid, die nuwe
persona. Gordon Sumner raak Sting van die sang groep Sting
and the Police. Katie Perry is gebore Katheryn Elizabeth Hudson
en die ikoon van ouds Elton John was gebore Reginald Kenneth
Dwight. Baie van hierdie talentvolle kunstenaars se identiteit
het saam met hulle naam verander. Die manier hoe hul optree,
aantrek en die mense saam met wie hul skielik vereenselwig.
Wil ons regtig ons identiteit aan hierdie talentvolle of
inspirerende mense in ons lewe koppel? Het ons individualiteit
al so verlore geraak in vandag se moderne bestaan van die
38