Page 46 - WieEkIs Erin Nel
P. 46
Getuienis
‘n Vriendin in Christus het ‘n mooi getuienis oor die proses en
soeke na ‘Wie ek is’. Hier is haar storie.
“Wie is ek? Wie is ek regtig? Dis ‘n vraag waarmee ek 15
jaar gelede gekonfronteer is in ‘n sielkundige se kantoor.
Watter groot geskenk dit was, sou ek eers baie jare later
werklik verstaan. Ek was besig met behandeling vir
depressie en het maar net gekom vir my volgende
medikasie. Ek was nou al op drie soorte medikasie per dag
en was maar net 35 jaar oud. Met my hele wese wou ek dit
nie aanvaar dat dit van nou af my lot is nie. Ek het geweet
dat God meer het as net hierdie “outo pilot” lewenswyse.
En toe die bom... Wie is ek? Die antwoord het maklik
gekom: “Ek is ‘n mamma.” Die sielkundige se reaksie was:
“Nee mevrou, nie ‘Watter rol speel jy?’ nie!” En so het sy
reaksie duidelik dieselfde gebly op al my antwoorde! Toe
beland ek voor die spieel en so het die reis na die eie ek
begin.
Wie is ek? Hoekom is ek hier? Antwoorde op die vrae het
by my gespook want dit het uitgekring en al hoe groter en
dringender geword. Wat is my drome? My drome en nie
die vir my kinders of ander nie. Wat maak my bly? Ek het
besef dat ek geen idee meer gehad het nie. Ek was so besig
op te cope en ander tevrede te stel dat ek nie meer myself
geken het nie.
In 2009 tref ‘n groot finansiële terugslag ons en ek kon nie
41