Page 45 - WieEkIs Erin Nel
P. 45

Daarom vergelyk ons onself dikwels met ander mense, mense
            wat net soos ons, hulself óók vergelyk met ánder mense! So,
            ons probeer ons identiteit bou op iemand anders, wat óók nie
            weet wie hulle regtig is nie.

            Om onsself met ander te vergelyk is een van die satan se groot
            tegnieke om jongmense (eintlik ons almal) te kry om hulself te
            oordeel as onvoldoende, dit wil sê nie goed genoeg nie. Dit is
            gedurig ‘n  hartsgesindheid van kyk wie  se  goed die  beste,
            mooiste of nuutste is, hetsy materiële goed soos die nuutste
            slimfoon of meer  persoonlike dinge  soos  kêrels, meisies,
            eggenote of presteerder kinders. Altyd beter en beter.

            Die feit dat ons onsself vergelyk en ongelukkig is met dit wat
            God ons mee geskep en geseën het, maak dat die satan jou
            ware identiteit kom aanval. Kom steel, want ons laat dit toe.
            Ons gee dit vir hom, op ‘n skinkbord.

            Hoekom?

            Ons is ontevrede.  Discontent.  Dit  beteken  ons is ongelukkig
            omdat ons hoop, begeertes, en verwagtinge nie verwesenlik
            het nie. Ons wou meer hê as wat aan ons gegee is, ons het nog
            begeer. Meer verwag.

            Dit is so belangrik dat ons elkeen ons beeld vind, want as ons
            dit nie doen nie, gaan ons toelaat dat die wêreld vir ons ‘n beeld
            en etiket uitdeel omdat ons geneig is om juis dit te word waarop
            ons die meeste fokus. Jy word dit wat jy liefhet.





                                          40
   40   41   42   43   44   45   46   47   48   49   50