Page 47 - WieEkIs Erin Nel
P. 47

meer planne maak om te cope nie en toe is dit tyd... Ek en
                 God. Wanneer jy nie meer kan nie dán kan Hý want jý is uit
                 die pad uit. Ek raak betrokke by ‘n kursus waar ek elke week
                 met ‘n ander deel van myself gekonfronteer word. Ek wat
                 so in beheer was en gedink het eks so uitgesorteer besef
                 toe dat dit glad nie waar is nie. Ek word op ‘n kamp in 2009
                 deur  God aangeraak  en totaal genees van  bipolêre
                 dipressie! Met baie trane en baie onthou en HOPE liefde
                 van God af het Hy saggies en tog ferm my deur dit gedra en
                 kon  ek lagie  vir  lagie nader  aan  die ware ek  kom  –  die
                 persoon wat Sy identiteit dra, die persoon wat ‘n plek het
                 in Sy skeppings doel, die persoon wat Hy baie liewer gehad
                 het as wat sy haarself ooit kon hê. Dit was iets waarmee ek
                 baie geworstel het. Hoe kan Hy my dan liefhê as ek is soos
                 ek is?

                 Elke  dag is ‘n  journey. Elke  dag  manna.  Vars manna  vir
                 vandag. Die reis is lank maar Sy genade so oneindig groot.
                 Ek het geleer dat die plekke waar ek nie wou gaan nie is juis
                 daar waar my genesing lê. Ek dank Hom vandag vir elke
                 fout, elke pyn en elke skaaf, want dit het my karakter help
                 bou en my net weer bewus gemaak dat Hy my foute kom
                 omdraai het in ‘n seën! Wanneer ek moeg raak van spartel
                 en ek net weer deur my journal blaai en sien waar ek was
                 en hoeveel genesing ek gekry het, dan kry ek weer moed,
                 want elke tree wat ek gee, gee Hy tien. Halleluja!”










                                          42
   42   43   44   45   46   47   48   49   50   51   52