Page 52 - WieEkIs Erin Nel
P. 52

tydperk van nege maande om hierde nuwe lewe voort te bring.
            Kosbaar! Hierdie is as’t ware ‘n belangrike grootword proses, ‘n
            voorbereiding vir dit wat nog kom, dit wat beter is.

            Soos geboorte is hierdie proses in ons lewe ook normaal, deel
            van die lewe,  om ons  te lei tot ‘n lewe  van geestelike
            volwassenheid en ook emosionele volwassenheid. Ons kan nie
            die proses vryspring nie. Dit is inherent deel van wie ons is, ons
            leerproses, ons groeiproses, ons proses tot heiligmaking; om
            heel te word, nuut te word, te word wie ons geskep was om te
            wees.


            Die tyd van seisoene


            Elke basiese ding in die lewe het ‘n proses. Om ‘n ete voor te
            berei is ‘n proses. Om brood te bak bestaan uit ‘n proses, die
            bestandele word gemeng, dan moet die brood tyd gegee word
            om te rys, dan moet dit weer geknie word, weer rys, voordat dit
            dan gebak kan word.

            God het seisoene geskep vir die wêreld, ‘n seisoen vir saai en
            plant, ‘n seisoen vir natmaak en versorging, ‘n seisoen vir snoei
            en  dan die seisoen  waar  die eindproduk geniet kan word,
            oestyd. Die somtotaal  van  die afgelope  jaar  se  proses en
            seisoene. Sommige goed neem maar net tyd.

            Ons leef in ‘n samelewing waar ons alles dadelik, nóú wil hê.
            Ons vra vandag vir iets wat ons eintlik al gister wou gehad het.
            Om geestelik volwasse te raak is nie om soos by ‘n kitskos drive-
            thru  deur te ry  waar  jy nóú  by  een  venster bestel  en  twee



                                          47
   47   48   49   50   51   52   53   54   55   56   57