Page 55 - WieEkIs Erin Nel
P. 55
raaksien, almal rondom ons seën en verhouding bou met almal
behalwe met ons; in daadie tye van ons 'Hoekom?' is dit juis
God wat sê “Vertou My, glo in My dat ek jou proses lei. I've got
this.”
Respekteer die proses
Alle goeie en merkwaardige dinge begin mos met ‘n proses en
in hierdie tydperk moet ons die suur saam met die soet kan
inneem. Ons kan nie ‘n leesboek koop en besluit om net die
mooi, romantiese, lekkerbladsye te lees en die ander bladsye
van die storie uitskeer en weggooi nie. Ons sal die storielyn mis,
en die karakters net gedeeltelik leer ken, die hele doel van
hoekom ons die boek wóú lees mis.
God wil ons heel en volwasse sien, sodat on van babamelk kan
oorgaan na die vaste voedsel in die Woord en in ons verhouding
met Hom. Daarom vra Hy dat ons die proses sal aanvaar, die
gevegte sal veg en te midde van dit alles Hom sal vertrou en in
geloof stap. Hierdie is ‘n proses wat ons tot Sy beloftes vir ons
gaan lei, so dit is absoluut die moeite werd, want ons gaan baie
meer uitkry as wat ons insit.
Paulus het aan die Romeine verduidelik dat elke situasie ‘n
groei-geleentheid is: “Want ons weet dat God alles ten goede
laat meewerk vir die wat Hom liefhet, die wat volgens Sy besluit
geroep is.” (Rom. 8:28) Ons kan vashou aan hierdie belofte van
God.
50