Page 59 - WieEkIs Erin Nel
P. 59

geloof sal versterk, dit sonder grense sal maak, dat ek kan kruip
            waar ek nie meer kan loop nie, en kan hardloop waar ek krag
            van U ontvang. (Jes 40:31) Help my verstaan dat hierdie storms
            in die  proses  deel  is  van U  hand om my  heel  te  maak en
            volwasse te maak in my gees. Help my om die proses beter te
            verstaan en  dat my  geloof  nou  my  motivering  sal wees  om
            staande te bly, te volhard en soos ‘n atleet my fokus op U sal
            wees en ek die prys van ewigheid sal behaal (1 Kor. 9:24). Ek bid
            dit in Jesus se Naam. Amen.

            God se beloftes vir my


            Jakobus 4:8
            “Nader tot God en Hy sal tot julle nader.”

            Johannes 14:13
            “En wat julle ookal in My naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat
            die Vader in die Seun verheerlik kan word.”

            Johannes 16:24
            “Tot nou toe het julle niks in My Naam gevra nie. Bid, en julle
            sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.”

            Hebreers 10:23
            “Laat on styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is
            getrou: Hy doen wat Hy beloof het.” (Nuwe vertaling)








                                          54
   54   55   56   57   58   59   60   61   62   63   64