Page 64 - WieEkIs Erin Nel
P. 64

Leef sy haar droom? Leef hy sy doel? Daardie persoon in die
            spieël – kén jy hom/haar? Ken jy die persoon wat daar na jou
            terug staar?

            So staan ek een oggend ook voor die spieël, besig om my hare
            af te droog. Skielik praat die Heilige Gees met my “Wat dink jy
            sien  Ek  as Ek na jou kyk?”  Ons  sien  dadelik net  die fisiese
            liggaam, die onvolmaaktheid, die mooi en die lelik. Net daar
            wys God vir my dat Hy kyk na wat in ons is. Die liggaam is vir
            hom belangrik, maar wat nog belangriker is, wat Sy hart roer en
            wat regtig saak maak is wat in ons gees is. Ons gees, ons hart
            en ons siel. Ontbloot. Naak. Oop, totaal oorgegee voor Hom. Ek
            het dadelik begin dink oor wat God in mý innerlike sou sien, ek
            was taamlik skaam. Sien God die vrug van die Gees in my? Sien
            God  vrede,  vreugde,  vriendelikheid, geduld, liefde,
            selfbeheering, goedheid, getrouheid en nederigheid? God kyk
            na wat vir Hom die belangrikste is. Dit wat in die hart omgaan.
            Want wat die hart van vol is, loop die mond van oor, en dit is
            beslis so.

            Ek kyk nou met ander oë na myself as ek in die spieël kyk, want
            skielik maak dit minder saak wat ek sien, dit gaan oor wat ek
            nie sien nie. Dit is juis daar waar ek moet groei.

            Daar is ‘n besonderse gedig van Erin Hanson wat my bybly,
            getiteld "Not" wat ‘n paar gedagtes mooi vaslê.








                                          59
   59   60   61   62   63   64   65   66   67   68   69