Page 69 - WieEkIs Erin Nel
P. 69
positief of negatief. In my geval was dit negatief: “Ek is nie
goed genoeg nie”.
Ek het ongeveer 2 jaar gelede op ‘n punt gekom waar dit
gevoel het alles raak net te veel emosioneel en fisies en
natuurlik is ‘n ou pilletjie vir my voorgeskryf wat op daardie
stadium nogal ‘n verskil gemaak het maar nogsteeds het ek
gehunker na iets meer. In Februarie 2017 het ek hierdie
fantastiese woord ontvang “Ek het jou op jou naam
geroep, jy behoort aan My.” (Jes. 43:1) Intussen het ook
ingeskakel by Charis Bybelskool wat soveel vrae
beantwoord het. Namate die tyd aangestap het, het dit net
al hoe meer duidelik geword dat God onvoorwaardelik lief
is vir my.
Met die wete dat Hy so lief is vir my dat Hy sy Seun gestuur
het om vir my te sterf, nie net om vry te wees van sonde
nie maar vry in alle opsigte. ‘n Brandende begeerte het in
my hart ontstaan – as dit waar is, is ek mos ook genees van
depressie! Die volgende vers het meteens vir my baie
uitgestaan: “Ek is tot alles in staat deur Jesus Christus wat
my die krag gee.” (Fil 4:13) Dit is my wapen teen die aanslae
van neerslagtigheid.
Gewoonlik moet ‘n antidepressant geleidelik verminder
word. Ek het die dokter besoek en tot my verbasing was sy
antwoord: “Hou net op om die pil te drink.” Ek kon nie glo
wat ek hoor nie! God is so goed!
Moenie bang wees nie. Vergeet van wat mense dink of sê.
64