Page 71 - WieEkIs Erin Nel
P. 71
in die proses. Ek vertrou op U en op U weë, want dit is ver bo
my verhewe. Ek plaas al die leuens wat ek oor myself geglo het
by die kruis van Christus, vergewe my en was my skoon met die
bloed van Jesus Christus, my Messias. Breek in Jesus se naam al
die vloeke wat daardeur oor my gekom het, breek die effekte
en gevolge daarvan en maak my ‘n nuwe skepsel, rein en wit
voor U. Ek bid dit in Jesus se kosbare naam. Amen.
God se beloftes vir my
Jakobus 4:7
“Onderwerp julle dan aan God. Weerstaan die duiwel en hy sal
van julle wegvlug.”
Eksodus 14:14
“ Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees”
Jesaja 40:29
“Hy gee die vermoeide krag, en vermenigvuldig sterkte vir die
wat geen kragte het nie.”
Jesaja 40:31
“Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op
vleuels soos die arende, hulle hardloop en word nie moeg nie,
hulle wandel en word nie mat nie.”
Jesaja 41:10
“Moenie bang wees nie, ek is by jou, moenie bekommerd wees
nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas,
met My eie hand red ek jou.” (Nuwe vertaling)
66