Page 70 - WieEkIs Erin Nel
P. 70

Fokus op God, bly in verhouding met Hom en staan vas op
                 sy Woord. Saam met Hom is ek en jy in ‘n wenspan.”

            Gebed


















            Vader God, die Een wat is, wat was en wat weer gaan kom, ek
            buig vandag voor U in diep dankbaarheid en ‘n nederige hart.
            Ek is skaam en verneder as ek sien hoe verkeerd my fokus is. Ek
            vra om vergifnis waar ek myself bo U gestel het. My eie denke,
            lewe, genot, materiële goed en vals en oppervlakkige dinge het
            my fokus weggeneem van U. Ek proklameer vandag dat U die
            enigste, ware, lewende God is. (Deut 4:39) Dat Chritsus Jesus,
            mens geword het en onder ons kom woon het. U Seun het vlees
            geword en kan dus vereenselwig met ons daaglikse bestaan,
            ons swaarkry en ons toetse. Daarom sal ek op U woord staan,
            en nie bang wees nie, want U is by my. U staf en stok vertroos
            my, U het my wonderlik geskep en U het my geken nog voordat
            ek gebore is. U woord is ‘n lig op my pad, ‘n lamp vir my voete.
            (Ps 119:105)
            Dankie dat U my sal oprig, my sal heelmaak en my sal vertroos



                                          65
   65   66   67   68   69   70   71   72   73   74   75