Page 75 - WieEkIs Erin Nel
P. 75
Wat behels die gees?
Hierdie is ons kanaal, ons konneksie met God. Ons gees gee ons
die vermoë om met God te kommunikeer, te connect, om ‘n
intieme verhouding met Hom te hê.
Wat behels die siel?
In ‘n neutedop is die siel wie ons as mens is. Ons emosies,
waarvan ons hou, hoe ons dinge ervaar, ons geaardheid. Ons
denke, persepsies en opinies. En ook ons vrye wil. Basies dit wat
bepaal hoe ons leef en wat ons uitleef.
Wat behels die liggaam?
Ons voorkoms, of jou hare kort of lank is, of jy manlik of vroulik
is, kort of lank, blou oë, groen oë of bruin oë het. Dit is kortliks
die fisiese dop wat die gees en die siel huisves en wat dus
onderhewig is aan die ander 2 fasette. Later meer hieroor.
Dit is oor hierdie fasette van menswees wat Paulus gesê het ons
moet die dinge van die gees nastreef en die vleeslike dinge
(liggaam en siel) agterlaat. In Genesis lees ons hoe God die
mens geskep het en die lewensasem in sy neus geblaas het.
Hierdie lewensasem was dus die mens se gees wat lewe aan die
liggaam gegeee het. Die oomblik toe die gees en liggaam aan
mekaar blootgestel is, is die siel gevorm. Daarom is die siel die
produk of gevolg van die kombinasie van gees en liggaam.
70