Page 76 - WieEkIs Erin Nel
P. 76
Die verskil tussen ons gees en die Heilige Gees in ons
In Johannes 6:63 lees ons dat Jesus sê dit is die Gees wat lewe
gee. Ons het hierdie gees van lewe, ons lewensasem gekry van
God, die Skepper van die hemel en die aarde. Ons moet
versigtig wees om nie ons gees van lewe te verwar met die
Heilige Gees van God nie. Die twee is verskillend. Ons het ‘n
menslike gees, waarteenoor die Heilige Gees deel is van die
Drie-enigheid van God.
Paulus illustreer hierdie konsep die heel beste in Romeine 8:16
- "Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van
God is." Dit is dus die "lewensasem" van God wat in ons is, dus
van God afkomstig, maar nie die Heilige Gees van God self nie.
Watchman Nee verduidelik hierdie konsep breedvoerig in sy
boek The Spiritual Man. Hieruit kan ons interressant genoeg
aflei dat soos die Drie-enigheid, ‘n mens ook ‘n drie-enigheid
vorm – liggaam, siel en gees. Die liggaam gee ons ‘n wêreld-
bewustheid, die siel gee ons ‘n self-bewustheid en die gees gee
on ‘n God-bewustheid. God wil al drie vereenselwig met Hom.
Vir Hom. Vir Hom alleen.
Ons siel weerspieël ons individualiteit, die rede waarom God
ons juis so uniek gemaak het. Die siel is nie net die medium
tussen die gees en die liggaam nie, maar dit is ook die sentrum
van ons vrye wil. Die siel is die skepper van die aksies wat die
liggaam volg.
Ons siel, met ander woorde ons vrye wil bepaal of ons die keuse
71