Page 80 - WieEkIs Erin Nel
P. 80

Gebed


            Dankie Hemelse Vader dat ek kan weet dat alles wat reeds agter
            my is, was ‘n voorbereiding vir dit wat nog kom. Ek vra vandag
            dat U my sal herstel, sal nuutmaak in siel en gees. Vernuwe my
            gedagtes bring my liggaam, siel en gees in lyn met U Gees en U
            koninkryk. Genees my wonde in liggaam en siel en gees wat ek
            nog elke dag saamdra, wat my terughou in my verhouding met
            U. Dankie dat U Woord waar is ( Joh 17:17), dat ek kan glo dat
            U sê U is ons Verlosser, Saligmaker en Herder. Dankie dat ek kan
            staan in U beloftes vir my, vir nou, vir die toekoms en vir die
            ewigheid. Ek verklaar dat ek ‘n nuwe skepsel is in Christus. Die
            ou dinge is verby en die nuwe het gekom (2 Kor 5:17). Ek bid dit
            in Jesus se naam, Amen.







                                          75
   75   76   77   78   79   80   81   82   83   84   85